Olimpiese Somerspele 2004

Spele van die XXVIIIe Olimpiade
Olimpiesespele van 2004

Gehou in Athene, Griekeland
Deelnemende lande 201 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 10 625 (6 296 mans, 4 329 vroue)[1]
Items 301 in 28 sporte[2]
Openingseremonie 13 Augustus 2004
Sluitingseremonie 29 Augustus 2004
Amptelik geopen deur President Konstantinos Stephanopoulos[3]
Atlete-eed Zoi Dimoschaki (swem)
Beampte-eed Lazaros Voreadis (basketbal)
Olimpiese vlam Nikolaos Kaklamanakis (seilvaart)
Vorige Spele 2000: Sydney (Australië)
Volgende Spele 2008: Beijing (China)

Die Olimpiese Somerspele 2004 (Grieks: Θερινοί Ολυμπιακοί Αγώνες 2004, Therinoí Olympiakoí Agó̱nes 2004 [θeriˈni olibi.aci aɣoˈnes ðio çiʎaˈðes tetraˈkosi.a]), amptelik bekend as die Spele van die XXVIIIste Olimpiade, is tussen 13 en 29 Augustus 2004 in Athene, Griekeland, aangebied.

Die Olimpiese Stadion in Athene

Dit was naas die Olimpiese Somerspele van 1896 die tweede wat in die Griekse hoofstad Athene gehou is asook die eerste Spele waar meer as 200 nasies deelgeneem het. In Athene is ook die nie-amptelike Olimpiese Somerspele van 1906 beslis. Naas Athene was Kaapstad, Buenos Aires, Rome en Stockholm kandidate vir die organisasie van die 2004-Somerspele gewees.

Die opening- en sluitingseremonies het in die Olimpiese Stadion van Athene plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met St. Lucia die eerste en die gasheer Griekeland die laaste, maar aangesien die plaaslike taal Grieks is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal. Mbulaeni Mulaudzi, hardloper en gouemedaljewenner tydens die Statebondspele 2002 in Manchester, het die Suid-Afrikaanse vlag ingedra.[4]

Die Paralimpiese Somerspele 2004 is tussen 17 en 28 September in Athene gehou.

  1. (en) "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 7 Maart 2018.
  2. (en) "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 7 Maart 2018.
  3. (en) "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 7 Maart 2018.
  4. (en) Lombaard, Larry (12 Augustus 2004). "Mulaudzi to carry the SA flag". Independent Online. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Junie 2016. Besoek op 7 Maart 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search